• Instagram Liriekfabriek
  • Facebook
  • Twitter

Tuis | Stuur jou lirieke
Vul asb die vorm in

Lirieke Steve Hofmeyr

Waterblommetjies

Sonja Herholdt

Inleiding

Waterblommetjies in die Boland.
Waterblommetjies van die Kaap.
Maak die bredie net soos, in die wynland.
En sê jy is baie lief vir my, voor jy gaan slaap.

Daardie wind waai weer, by my voordeur in.
Hy maak my hart weer, lekker sing.
Dit is gaaf, om die kaap weer dag te sê.
En ek vat jou saam, na die koringland.
Wie ry saam, as my hart so brand.
Dit is lekker om die Boland lief te hê.

Van Hunks het al sy pyp gestop.
Tafelberg se hoed is op.
En die bergies begin al huis se kant toe staan.
Groenpunttoring knip sy oog.
Die Suidoos maak so ’n wye boog.
En die waalpad help jou, as jy huis toe gaan.

Oh, die luggie hier is vry waar my hart heeltyd wil bly.
En ek wil my langs Oumies Victoria neer gaan vly.
Laat ons deur die tuine loop.
By die parade, iets gaan koop.
As die wind so koud waai.
Laat ek eers gou jou jas vasknoop.

Want daar is.
Waterblommetjies in die Boland.
Waterblommetjies van die Kaap.
Maak die bredie net soos, in die wynland.
En sê jy is baie lief vir my, voor jy gaan slaap.

O, Kaap, o Kaap, o, mooiste Kaap.
Jy maak my hart weer baie seer.
Jou Ghantang, kom mos altyd weer en weer.
Die Mayflower het uitgevaar.

En gaan snoek haal daar by Houtbaai, waar
Karbonkelberg die stormsee gewaar.

Drie skepsels, het by Dassiepunt, na die ster gekyk,
en teen die wind in voet geslaan, en die stralekrans aangegee.
Hulle het teruggekeer na Tafelbaai.
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai.
En die engel het trane uit sy oë gevee.

Want daar is.
Waterblommetjies in die Boland.
Waterblommetjies van die Kaap.
Maak die bredie net soos, in die wynland.
En sê jy is baie lief vir my, voor jy gaan slaap.

Musiek en lirieke deur Anton Goosen - Uitgewer Gallo Musiek

Die liedjie is beskikbaar in Karaoke op die DVD:
Skoffel - Afrikaanse Karaoke No. 2
Beskikbaar by: Kalahari

 


Woorde geneem van die CD: Gunsteling Treffers 1992

Ondersteun ons eie Afrikaanse talent - koop wettige musiek by:



Vir sleg R9.00 per snit of volledige albums, geen gewag laai dadelik af.
 

Sonja Herholdt - Inhoud